Grondwethof Beveel Tot 300 000 Boere Moet Ontwapen Word

in #afrikaners6 years ago (edited)

Woman_with_gun_and_baby_on_farm

Die Konstitusionele Hof in Suid-Afrika, die belangrikste en alwetendste arm van daardie land se gebrekkige regstelsel, het op Woensdag 6 Junie 2018 amptelik 'n beduidende deel van die witpelsige bevolking ontwapen in 'n kommerwekkende uitspraak.

In Julie 2017 het die Hooggeregshof in Pretoria bevind dat twee artikels van die Vuurwapenbeheerwet, artikels 24 en 28, ongrondwetlik is en daarom dat alle vuurwapenlisensies wat verval het of binnekort verval geldig sal wees totdat die Konstitusionele Hof dit hersien het. Ook, het die regters in daardie hoffie geknor, moet die oorgewig taters in die parlement 'n slag hul werk begin doen pleks van heeldag cream crackers met onwettige perlemoen op vreet, en die wet wysig sodat dit aan die grondwet voldoen binne 18 maande.

Click_Here

Die hele spulletjie kom al 'n lang pad, toe baie Afrikaners nog vuurwapens gehad het so 'n dekade na die oorgang na demokrasie, en blackies nog skrikkerig was om nie die Afrikaner se bal te veel te krap nie. Daar so by 2005 se koers rond ja. Die parlement besluit toe om 'n nuwe Vuurwapenwet op te trek, en so gesê so gedaan. Nie dat dit enigsins misdaad in daardie land laat afneem het nie. Die nuwe wet wat toe in 2006 van krag word word toe 'n lekker geldvarkie vir die SA regering, deurdat vuurwapenlisensies gereeld hernu sou moes word. Teen 'n ou kostetjie, natuurlik. Mens kan mos darem nie verwag dat die SA Poot Squad (SAPS) sonder 'n amptelike braapie moet werk nie. Die nuwe wet sê toe ook elke lisensie moet 90 dae voordat dit verval al hernu word, omdat, so het die perlemoenvreters darem geweet, geen poot haastig van aard is nie. Hulle moet drie maande vooraf kennis kry om drie vorms te tjap.

Cat waiting for license but cops show up.jpg

As jou liksens laat hernu word verbeur jy jou 'voorreg' om jouself behoorlik te mag beskerm, sê die groot belangrike wet ook; dan moet jy jou yster gaan ingee by die polisie sodat hulle dit weer onderdeur die toonbank aan 'n rot op die Kaapse Vlakte kan smous. Gelukkig het alle vuurwapeneienaars toe darem van 2006 tot 2009 kans gehad om weer aansoek te doen om hul lisensies te hernu. Geen waarborg dat dit wel hernu sal word nie, dis daar in die fynskrif, en so is alle Afrikaners toe maar bietjie skrikkerig, en so stel almal toe uit. Jy weet mos. Natuurlik word die arme poot squad toe op die laaste nippertjie heel in hul moer toegegooi onder aansoeke, hul moes selfs van hul KFC-uitstappies afstel en 'n groter drom kry om aansoeke in te verloor.

In 2011 sien die ANC toe hier kom Fokop no. 211 in Regeringsbestuur, so toe word daar maar weer uitstel verleen en die probleem aangeskuif na 'n volgende politieke termyn toe. Sommer vir 'n lekker vyf jaar in die toekoms in, dan is dit mos iemand anders se probleem, tot 2016 vir diegene van julle wat nie te sterk op wiskunde is nie.

Malema Poes in Boots1.jpg

In 2016 met die parlementsopening maak 'n bende rampokkers in rooi oorpakke amok daar met joernaliste wat gaap onder al die scoops, en 'n paar ANC-kornuite skrik hul gaaie af. Wat as die gevaarlike Boere ook kom moles maak, fluister 'n bang LP daar vir sy maatjie onder die verversingstafel waar hulle wegkruip. Maar toe kom seil ou Khomotso Phalane ook daar onderdeur die tafeldoek in op sy maag, net soos die spaais in die moewies doen en nog met 'n lekker tertjie ook in die bek, en 'n polisiefluitjie aan 'n toutjie agterna. Khomotso is toe mos Minister van Polisie, die poot der pote kan jy maar sê, en hy vattie kakkie affie Boere nie.

Kort daarna kondig Poot Khomotso toe ook aan, al julle mense met die vuurwapens, kom gee julle vuurwapens in. En die ta sluit toe sommer terstond die aansoeke. As jy nie klaar jou lisensie het nie moet jy jou vuurwapen gaan inhandig by jou naaste pootsokkie of daar gaan 'n voodoopop met jou gesig op Police File op TV verskyn, dreig die man ewe braaf. Die waarde ministeriële poot weet toe ook al dat die meeste Afrikaners meer bek as binnegoed is, hulle kan net lawaai op daai Facebook, niks te vrese van hulle nie.

Versace Visagie1.jpg

'n Moorddadige organisasie, SA Jagters, skrik toe wakker en bel al wat 'n lid is vuurwarm vir 'n geldjie. Geldjies stroom in, 'n prokureur word gehuur, en dié sit daar af na die hof toe. Of op, howe het mos sulke klomp trappies wat op boontoe gaan om die swaarkry wat daarbinne wag te versinnebeeld. Elke trappie is natuurlik 'n ekstra duisend rand op die prokureur se rekening.

Namens die dieremoordenaars betoog die prokureur - kan 'n advokaat ook gewees het - toe daar in die hof dat daardie 90 dae darem te skraps is as sperdatum. Want sien, hulle ken toe al die SAPS beter as die parlement, teen daardie tyd hap die SAPS al aan Amerika waar dit by vetsugtigheid kom. En natuurlik sê die advokaat toe met 'n goedgeoefende traantjie wat net op die regte oomblik oor die vette wangetjie - pure uitgevretigheid - rol dat al die mense wat die sperdatum misloop hul geliefde rollies en pissies sal moet inhandig en dan dit nie weer sal kan terugkry nie. Want so sê die tien-jaar-oue wet mos al vir, wel, tien jaar lank.

Die uwe wil homself nou nie uitlaat oor die effektiwiteit van 'n krokkodiltraan nie, maar daardie advokaat se traan het 'n hartsnaar geroer en oor berge en dale heen gaan tril. 'n Jaar later, in 2017, het die regters toe hul aangedaanheid te bowe gekom, en sprak die Hooggeregshof toe sy sprook. En die slimme regters daar sê toe net soos SA Dieremoordenaars, agge ek bedoel Jagters, dat 90 dae darem te min is, Afrika-tyd is meer gepas. En dat die Parlement die wet moet hersien, soos netnou genoem.

Barnie pers pop geskiet.jpg

So kom die gedoente toe voor die Konstitusionele Hof in Suid-Afrika, waar die slimste van die slimme duur regslui vergader. 'n Blote formaliteit, sou mens reken, om daardie twee artikels te wysig. En dis toe net hier wat 'n paar regters besluit die ander regters by die ander hof is nie so slim soos hulle gedink het nie, en 'n spanner in the works gooi. Of dalk was hulle net te lui om daardie twee artikels te hersien. Of, dalk was daar 'n paar Zuma-aanstellings, en hulle.... Wag, ek loop die storie vooruit.

Die Konstitusionele Hof moer toe die Hooggeregshof se beslissing van etlike lange bladsye en baie gedinkery net so daar in 'n duur silwer snippermandjie, van daardie wat selfs 'n hoenderbeen kan versap as KFC mens bevark het met meer gebakte perd in kookolie as hoender. En die hof sê Minister Hoofpoot se opdrag van 2016 staan vas: As jy nie jou vuurwapenlisensie betyds hernu het nie, moet jy dit nou gaan ingee by jou naaste polisiekantoor en basta. Fok u reg om u pels te beskerm teen misdadige bobbejane, u het nie 'n simpel burokratiese papiertjie nie, so daardie basiese reg tot pelsbeskerming verval nou sommer, so staan dit min of meer daar in die geklike uitspraak.

Jip, daardie ougat Beretta waarmee jy beplan het om 'n wannebe moordenaar in jou huis bokveld toe te stuur voor hy nog sy broek kan aftrek moet nou in die gulsige kloutjies van 'n undercover wapenhandelaar by die polisie beland, net omdat jy te lui/bang/mismoedig was om in 'n ellelange ry te gaan staan vir drie kere omdat jou pampiere aanmekaar weggeraak het by hulle die vorige twee kere. En indien jy nie maak soos die regters sê wat deur daardie skelm Jacob Zuma aangestel is nie, wel, dan is jy wat net jouself wil beskerm 'n krimineel, en kan jy tjoekie toe gaan vir 'n volle 15 jaar. Hoe bly is ek nou nie dat ek nie meer in 'n land bly waar die besit van 'n onwettige vuurwapen so gevaarlik is nie, julle vuurwapeneienaars is mos veel gevaarliker as 'n transito-rower met 'n AK47.

Hunter in front of dead elephant.jpg

Soos te verstane is SA Jagters - volle naam: SA Jagters-en-Wildbewaringsvereniging - natuurlik so boos dat hulle sommer gate deur padtekens wil gaan skiet. Hulle gaan mos nou darem baie lede en dus ledegeld verloor. En minder wild gaan beskerm kan word as mens hulle nie kan doodskiet nie. Monsieur Fred Camphor, uitvoerende hoof en baasskut, sê dat sowat 300 000 vuurwapeneienaars nou sal moet afsit polisie toe om wapens te gaan inhandig.

Die enigste goeie nuus hieruit is dat die prys van onwettige vuurwapens op die swartmark pas geval het soos 'n klip. O, en dat daardie vetgat-poot wat sy rollie op die toilethouer in die kleinhuisie vergeet het sommer joune sal kan afvat om sy ereksie te behou. Dis nou as die Lord of War-poot in die stasie nie klaar joune verkoop het aan daardie Kaapse rot wat daar buite op sy gesteelde en klaar-ge-pimpte Golf leun nie.

Midrand Lice Station.jpg
[ADVERTENSIE: GUNS TE KOOP]

Freddie sê dat die chaos rakende administrasie en implementering nou éérs gaan toeneem. Nie 'n vreeslike briljante waarneming daardie nie, almal weet dit tog, maar dis wel goed dat die baasskut met die handeroom-van dit weer onderstreep het. Dink ek moet hom voortaan Sagte Handjie Freddie noem. Want as hy ook vergeet het om sy liksens te hernu is hy volgens wet mos nou 'n krimineel, en alle kriminele het gevaarlike byname.

Sagte Handjies sê in sy verklaring hy sal dieremoordenaars en pas-ontmande selfverdedigers aanraai om tog maar hul vuurwapens te gaan indien - Afrikaners is soos Jode in 1938, hulle sien net nie die skrif aan die muur nie - by die polisie en om vergoeding aansoek te doen. My kwits. Duisend en honderd drie vuurwapenseienaars het versuim om aansoek te doen om hul lisensies te hernu, nou verwag Meneer Handjies dat hulle om vergoeding moet aansoek doen? Maar geld is wel uiters belangrik vir Christene, (en alle dieremoordenaars is Christene, tjek maar self), so ek verwag nogals die nuwegeslag Jode gaan op vergoeding aandring. Net om volgende jaar, 2019, daarvan ontneem te word saam met hul pensioenfondse en huise en goud in hul tande.

En dis nou by daardie laaste sin in die boonste paragraaf wat ons moet vassteek, liewe broer Sarel en minderwaardige suster Ossewania. Diegene van julle wat aan politieke forums op sosiale media wat oor Suid-Shitholia handel behoort sal weet dat die temperatuur daar gevaarlik hoog is. Net 'n gesteelde patroon se kruit is nodig om die brandwag op die kruin te ontstel en sy trop tot geweld te laat oorgaan, so te spreke.

Kill The Boer Hatespeech Julius Malema EFF.jpg

In 1994 het die witpelsige in Suid-Shitholia sy politieke mag en dus die reg om oor sy eie lot as etniese groepering te besluit opgegee in praktyk, vir ewig. Maar sy ekonomiese mag het hy behou. Laasgenoemde word nou bedreig, en dis 'n realiteit, uit alle oorde. Verskeie splintergroepe van die Gupta-gefinansierde BLF tot die EFF en vele ander luigat-werfetters het almal hul mes in vir die Afrikaner, en pleks van werk vir wat hulle begeer will hulle kortpad vat en die blanke se eiendom steel. Instede van waarde skep en waarde ontsluit moet die waarde wat die blanke geskep het gesteel word. Mens kan 'n koppie suiker daaroor gooi, onteiening selfs wet maak, maar dit bly steeds steel.

Click_Here

Op politieke forums word daar reeds vir maande lank deur jong militante swartes openlik gevra en geagiteer vir fisieke aanvalle op blankes. Ongetwyfeld spoor dit wel aanvalle op en misdaad teen blankes aan. Ek het 'n magdom skermgrepe van sulke dreigemente, dis egter futiel om vanuit Europe dit na die regte owerhede in SA te stuur. Die fokkers in Pretoria antwoord nie eens my e-posse nie. Die bevooroordeelde Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie vervolg blitsig wanneer witpelsiges verbaal onsensitief teenoor swartpelsiges is, maar skitter in hul afwesigheid wanneer werklike haatspraak en aanmoediging tot geweld vanaf swartpelsiges teenoor witpelsiges gemaak word.

Wat is erger, om die woord kaffer te gebruik, of om voorbrand te maak daarvoor dat mense op grond van hul velkleur se tonge uitgesny en hul babas met hamers doodgekap moet word? Selfs 'n swart weermagkolonel - met toegang tot gevaarlike wapens en met lojale troepe wat moontlik ook blankes haat - het net 'n waarskuwing vir so 'n tipe uitlating gekry, en hy is eers maande later onder sy gat uit die weermag geskop nadat verskeie drukgroepe eers herhaaldelik in die publiek beswaar moes maak.

Jeff Cooper lt Col About Guns.jpg

Die beginsel is dat wat vir een geld vir 'n ander ook moet geld om Projek SA te laat slaag. Maar die HRC misluk absoluut pateties daarin om hul kant te bring, instede daarvan fokus hulle op 'n heksejag teen blankes. Uiteraard is die gebruik van 'n skeldnaam om iemand op grond van velkleur te beledig verfoeilik, maar hier in Europa en ook in die VSA word dit as net in uiters swak smaak gesien (soos om 'fok' op 'n kinderpartytjie te sê), dit is nie krimineel hier nie en in die belang van verskeie regte tot vryheid behoort dit ook nêrens krimineel te wees nie.

Daarenteen, om te dreig dat jy iemand op grond van sy pelskleur gaan doodmaak is wat my betref op dieselfde vlak as 'n bomdreigement, dis 'n werklike gevaar en behoort blitsig as 'n kriminele daad hanteer te word. Maar die SA reg ag dit meer belangrik om hulself met kak besig te hou, soos geldmaak-lisensies wat nie betyds uitgeneem is nie. Wat het geword van net 'n moerse groot boete uitreik? Alle whiteys is mos donders skatryk. 'n Vuurwapeneienaar raak tog nie onbevoeg om sy wapen te hanteer net omdat hy te lui was om betyds sy lisensie se papiere te gaan indien nie. Hoop liewer hy is net so lui om te skiet eendag. En party Afrikaners sukkel maar met skryf en spel, so terloops.

Drug Addicts Spelling.jpg

Danksy baie Afrikaners - meer spesifiek, baie kamma-trotse Boere - se verkragting van hul eie taal, en hul benepenheid met 'n god wat babas verdrink en ongeskikte kinders deur bere laat opvreet, het baie swartes hul agting en ontsag vir blankes verloor. En hoekom nie? Kyk uit swartes se oogpunt daarna. Hoekom moet hulle respek hê vir 'n Afrikaner wat Afrikaanse skole en universiteite wil behou, maar dan self op hul taal trap? En hoekom sal hulle nie lag vir blankes wat met 'n fiktiewe Joodse storieboekkarakter praat na 'n plaasmoord, pleks van om daardie ou Vuilbaard te vra wat van sy belofte geword het om sy kinders te beskerm? En hoekom respek hê vir Afrikaners wat so ingestel is op geldmaak, dat hulle hul mede-Afrikaner sal inloop net om enkele duisende rande te maak, terwyl hul eie sprokiesbundel hulle beveel om nie gierig te wees nie? Sulke tweegatjakkalsisme sit nie net swartes af nie, dit sit my ook af. Punt op die telkaart vir jou, Blackie.

Dis belangrik om altyd albei kante van 'n saak te probeer insien. En dan elk geval my kant te kies. :)

Julian Assange on Gun Confiscation1.jpg

300 000 vuurwapeneienaars is dus nou hul wapens kwyt binne enkele weke. Lieflike ontwapening van die prooi vooraf. Dit sluit handwapens en jaggewere in, hopelik nie ketties en slingervelle ook nie. Geen Afrikaner gaan die kans vat om 15 jaar tronkstraf te kry nie, hy sal eerder gesuip bo-oor 'n rooi lig kafee toe ry vir nog Coke tydens 'n rugby-advertensie. G'n struikrower gaan hom vang nie, dié sit mos self in 'n sjebien êrens. So die whitey sal maar weer soos die swartman klaar geleer het agteroor buig en sy erektiele hulpmiddel gaan afgee aan 'n poot wat daar met 'n slinkse glimlag wag.

Die meerderheid van hierdie 300k wapens behoort aan blankes, is my raaiskoot. Daar is slegs sowat twee miljoen volwasse blankes in Suid-Afrika, die res is kinders. Die oorgrote meerderheid Afrikaners - spoiler alert! - weet nie eens meer hoe om 'n wapen af te vuur nie, wat nog van een te besit. Met die Afrikaner se rebelse natuur in gedagte, en die onsekerheid wat so lank rondom daardie wetgewing geduur het, is dit 'n logiese aanname om te veronderstel dat dit veral Afrikaners is wat nie hul lisensies hernu het nie in regte e-tol styl.

Daardie groot aantal eienaars is dus meestal blankes in die middelklas en hoër-inkomste kwintiel, veronderstel ek. Ook omdat die polisie nie lisensies sal uitreik aan swartmense wat in plakkerskampe bly nie, dalk wel vir townships, en natuurlik wel vir middelklas-swartes. Ek het egter gevind dat verbasend baie middelklas swartes byna bang is vir vuurwapens, en glad nie een wil besit nie. 'n Subjektiewe opinie, laasgenoemde. Dalk het ek net te lank in die wonderlike Botswana gebly.

Kittens vs Guns.jpg

Nou moet ek eers 'n effense draai gooi voor ek by die slotsom kan uitkom en jy sal besef hoe deeglik gefok jy is.

Ek hou politieke forums op sosiale media in SA al geruime tyd dop, dis tog waar mens die 'vibe' van Johan Doos en Sipho Seekoei op grondvlak kan aanvoel. En saam daarmee hou ek statistiese analises dop, en die grafiese voorspellings dui op 'n onafwendbare ramp. Meer daaroor in tien oomblikke. Soos gesê, Ramaphosa se pot water op die stoof kook byna, en wit Sarel Seemonster sit nog ewe gerus daar en beplan hoe hy vir wit Karel Kraai kan inloop op 'n kamma-wettige-dog-onetiese manier. Intussen sit Sipho daar en speel met die stoof se knoppies, terwyl hy wens hy het 'n stoof soos die ene wat hy vir die wit mêdem moes rondskuif vandag. En jaloesie word dan 'n donkergroen monstertjie.

Adolf Hitler Disarm Its Citizens.jpg

Danksy 'n terugblik op die geskiedenis kan ons vandag sien wat gebeur het in aanloop tot die slagting van Jode in Duitsland. Die Afrikaner het die arme Boerejoodjies wat desjare in die Unie gaan nesmaak het se slaaptydstorieboek mos buiteblad en al opgevreet vir soetkoek, en toe word die Boere sommer terstond die Uitverkore Volk. Wat ek egter interessant vind is die ooreenkomste tussen wat met die Jode in die 1930's in Duitsland gebeur het, en die tipe gebeure waardeur die Afrikaner vanaf 2004 tot vandag in SA is. Min of meer tien jaar elk, dus. Die geskiedenis herhaal homself. Maar dis nog iets waarmee baie Afrikaners nie sterk is nie.

In albei gevalle is beide die Afrikaner en die Jood geleidelik van eers hul politieke mag, en toe hul ekonomiese mag gestroop. Albei etniese groepe is verag en gehaat deur 'n vyand groter in getal as hulle. Totdat die jare 1938 / 2018 aangebreek het. Hoewel sporadies in die 1930's, is Jode se besighede vir die eerste keer openlik aangeval en hulle fisiek ook aangeval en vermoor in 1938, met min tot geen teësinnige optrede van die owerhede teen die Germaanse skuldiges. Teen begin 1939 het optrede vanaf owerheidskant teen die stoute Duitsers sommer opgehou, en het sinagoges in vlamme begin opgaan terwyl die brandweermanne net 'n lekker zol by die vuur gaan aansteek het. Hoe later hoe kwater, en dit het die demokraties-verkose (moet dit nooit vergeet nie!) Nasionaal-Sosialistiese Party die ekskuus gegee om Jode 'vir hul eie beskerming' in kampe te plaas. Wat, soos ons weet, inderwaarheid konsentrasiekampe was.

In Suid-Afrika kon mens sê die derde sfeer van regering, munisipaliteite, het vir die eerste keer grotendeels onder swart bestuur gekom teen 2004. Hierdie is natuurlik die grondvlak regering waar dienslewering maklik meetbaar en sigbaar is. En die gebrek daaraan natuurlik ook. Nasionaal en provinsiaal het swart regering reeds van skandaal na skandaal begin strompel, wat oordonder is deur die wapenskandaal. Wit bestuurders by munisipale dienste landswyd was teen 2004 meestal uitgewerk of het pakket gevat en gaan besighede oopmaak met hul pensioengeldjies.

SA cops drinking on duty1.jpg

Op statistiese kaarte kan mens sien plaaslike regerings het van toe af begin afwaarts gly, met dienslewering wat alhoemeer verswak het. Dit het betogings laat toeneem. Intussen het ook werkloosheid, misdaad, korrupsie, en 'n korrupte ingesteldheid self dramaties begin toeneem. Die standaard van opvoeding - net soos Nee-stemmers in 1991 voor die referendum gewaarsku het - het opsigtelik begin daal. 'n Skoolloopbaan later, twee plukjare ingesluit ondanks 'n verlaagde opvoedingstandaard, bring ons by 2018.

Tans het Suid-Afrika meer ongeskoolde, uiters-arm, werklose jong militante swart mans tussen 18 en 30 jaar van ouderdom as ooit in sy geskiedenis. En hulle geduld is op. 'n Toyota Hilux bakkie van vandag lyk darem maar net meer bling as 2004 s'n, en arm Sipho sien die lanie met die nuwe bling en hy het fokkoli. Statistiek toon boonop dat die gaping tussen ryk en arm erg vergroot het sedert 1994, steeds grootliks volgens rasse-skeidslyne.

En hier kom 'n ronde-gevreet swartgebrande Oros-mannetjie uit Seshego (ek ken dit goed, ek was mos al oral, spog-spog; het selfs een aand daar gaan eet by mense) en hy bied 'n kitsoplossing aan: Kom ons vat eenvoudig die mukhulu se goed! Sipho se ouma raas met hom daar in die kaia waar sy hom sy eier vir sy weeklikse ontbyt gee, maar hoe meer hy oor dit dink en hoe meer dae hy verniet vir 'n piece job op die hoek staan hoe meer flits daai bling-Hilux en sy nuwe hero Malema deur sy gedagtes.

Julius Malema of EFF dressed as Messiah.jpg

Net soos elektrisiteitskenners tien jaar voor die 2008 kragkrisis al gewaarsku het, waarsku waterkenners dat SA se water teen so vroeg soos 2023 reeds te min gaan wees vir sy bevolking. Wat dink jy gaan Sipho se township maak as hulle een oggend die gemeenskaplike kraan oopdraai en daar kom niks uit nie, terwyl die wit man oorkant die pad se nuwe groen JoJo tenk staan en blink in die oggendson?

Klimaatsverandering is besig om teen 'n eksponensiële pas toe te neem, en het selfs wetenskaplikes se skaalmodelle getroef. Dieselfde storm wat hierdie jaar Sipho se plakkershut se dak afgewaai het gaan volgende jaar so sterk wees dat dit die hele hut platwaai teen die een langsaan. Sipho was hierdie jaar de moer in, volgende jaar gaan hy de bliksem in wees. En hy gaan iets om te blameer soek.

Intussen, in grote Amerika in Silicon Valley, verongeluk 'n klomp jong wit en Indiër rekenaarboffins die wêreld met programmatuur wat Kunsmatige Intelligensie heet. Rekenaars gaan karre bestuur. Goodbye truck driver job, Sipho. Rekenaars gaan in robotte die pakwerk by Shoprite doen, sommer die till ook hanteer. In China lewer groot fabrieke wat voorheen 'n duisend werkers gehad het vandag dieselfde produksie uitset met net vyf-en-dertig werknemers en 'n klomp robotte.Ensovoorts ensovoorts. Masjiene wat werk steel gaan reeds in die 2020's algemeen word.

Sien jy hoe al hierdie feite in die drie paragrawe hierbo almal op een ding afstuur? Sipho en al sy miljoene swart kwaadkat-tjommies word letterlik unemployable, en geen job en geen vooruitsigte en geen geld ooit terwyl die natuur jou wil doodkry ook is mos gewaarborg om intense woede te ontlok.

Al hierdie feite is reeds bekend aan politici, wat dit gebruik om vooruit te beplan. Goed, die SA regering is met beplanning soos wat Liewe Heksie met sing is: Nie alte goed nie. Maar 'n paar individue soos Malema span wel sulke feite betyds tot sy voordeel in, en hy skuif sy kanonvoer soos 'n meester op 'n skaakbord rond. Kyk maar na die onrus by Hermanus oor grond, en in Gauteng. Ons almal weet die EFF sit daaragter, met die ANC net 'n hanetreetjie daaragter. (Dankie Cameron Dugmore, ons almal het jou verraderlike teksboodskappie gelees hoor.)

Cameron Dugmore ANC MP in Hermanus1.jpg

Hierbo het ek nou 'n klompie feite geskilder. Op politieke forums dreig verskeie swartes maande lank reeds dat blankes teen Oktober 2018 aangeval moet word, het dit op verskeie plekke gesien. Ja, daar word nou al met datums gespeel, dis hoe gevaarlik die temperatuur geword het. Ek neem aan dis ongeveer daardie tyd wat die parlement 'n verslag oor grondonteiening moet oorweeg.

Ander swartes het nie net hul pangas in vir blankes nie, hulle noem die nasionale verkiesing volgende jaar as afsnydatum van blankes se suurstof en sommer ander swart rasse. Want, soos ons uit Afrika se geskiedenis weet, gaan dit nie net blankes wees wat in 'n burgeroorlog (want dit is vir alle praktiese doeleindes waarvoor baie swartes openlik nou voorbrand maak) les opsê nie, dit gaan etniese groep teen etniese groep wees. En daarvan het SA meer van as enige ander Afrika land, kyk maar na sy elf amptelike tale. Baie kommentaar vanaf Xhosas gemik teenoor Zoeloes, en vice versa, het al my hare laat rys. Die verkiesing in 2019 gaan oor mag, swart mag teen swart mag, die blankes moet net eers eerste uit die prentjie geskiet word.

Ons weet almal die Afrikaner sal nie uit sy eie met 'n burgeroorlog begin nie, daarvoor is die meeste Afrikaners eenvoudig te gemaklik, en te bevrees om dit wat hy reeds het te verloor. Maar, so sleg soos ek soms van Afrikaners praat (al is ek self een) omdat hulle so geloofsgefok is, net so braaf kan die Afrikaner wees wanneer die nood druk, en hy is 'n planmaker soos min. Dieselfde 6 000 Afrikanermans wat in die Anglo-Boereoorlog 475 000 Engelse opgeleide soldate opdraend gegee het vir drie jaar lank se gees leef steeds in vandag se Afrikaner, vandag s'n het net 'n bierpens. Maar dan, die Afrikaner het al 'n bierpens gehad nog voordat hy SASOL, Koeberg, Sanlam, Volkskas, die KWV, meer as die helfte van Afrika se spoornetwerk, en meer beplan en opgerig het.

If Jesus Had A Gun He Would Be Alive Today.jpg

Indien, konserwatief gesproke, slegs 100 000 van die 300 000 vuurwapens ter sprake aan Afrikaners behoort hou die Boer 'n besliste en wesenlike gevaar in vir sy vyand, sou hy nou, in die Afrikaner se 1938, in 'n burgeroorlog ingedryf word. Die Afrikaner kan vinnig organiseer, en kan met sy muur teen 'n rug baklei, en hy het verskeie hulpbronne tot sy beskikking in geval van nood, en het nog 'n fraksie van sy militêre agtergrond oor.

Maar sou daardie 100 000 vuurwapens uit sirkulasie geneem word, of nog erger, aan die vyand verskaf word (en ons almal weet die SA Poot Squad hoop eers 'n klomp vuurwapens op, smous 'n klomp daarvan aan kriminele, verloor nog 'n klomp, voordat die res jare later vernietig word) is die Boer gefok. En dis nou mooi gestel.

1499600712437.jpg

Wat kan 'n hele sogenaamd wit middelklas woonbuurt doen wanneer 'n gekaapte Hilux-bakkie vol swartes agterop wat gewapen is met aanvalsgewere dit binnevaar? Sulke tipe 'stormlope' gebeur nie net in flieks soos Blood Diamond nie, dit gebeur werklik. In beide Angola en Mosambiek het onrus vir jare gebroei, die pot was lank op die stoof, en die blanke Portugese daar is almal met die broek om die knieë gevang. Mens moet stokonnooslik wees om die waarskuwingstekens in SA mis te kyk. Selfs hier in Europa vra mense wat maar min van SA weet of die oorlog daar al begin het. Dit is nie meer 'n as nie, dis nou al 'n wanneer in baie mense se denke. En moenie vir 'n oomblik dink dat 'n politieke party wat nie eens 'n munisipaliteit kan bestuur die kruitvat sal kan ontlont nie.

Tydens sulke woonbuurt-invalle het die swartes almal bymekaar gemaak, gewoonlik in die plaaslike speelpark, en daar al die mans geskiet. Die vroue en kinders is natuurlik almal mooitjies gespaar, want die aanvallers is mos darem nie barbare nie, of hoe? Dis met groot welslae in Angola, Mosambiek, en selfs in Duitswes tydens die Herero-opstande uitgevoer, en ook in bykans elke Afrika land wat al deur 'n burgeroorlog is. Hoekom sal SA die uitsondering wees? Presies dieselfde taktiek het in Hongarye, Pole, en 'n gedeelte van die USSR se dorpies uitgespeel toe die Duitse invallers dorpe binnegevaar het. Hoe gaan Afrikaners hulself sonder vuurwapens en sonder deeglike beplanning vooraf teen so-iets verweer?

1502808176454.jpg
('n Vorige minister van Polisie.)

Persoonlik hou ek van Bheki Cele, die huidige minister van polisie in SA. Goed, hy het aangejaag deur nie prosedure te volg tydens 'n tenderkontrak nie, maar kom ons noem dit maar 'n foutjie van 'n paar miljoen rand waarvoor meestal wit belastingbetalers moes hoes. (Gaan kyk SARS se statistiek vir wie betaal die meeste belasting in SA, en die prentjie raak nog meer ongelooflik wanneer mens in ras-proporsionele terme daarna kyk.)

Maar 'n maand terug het Bheki Cele reeds gesê in die Parlement dat vuurwapeneienaars wat 'onwettige' vuurwapens besit kans sal kry om dit in te gee sonder om vervolg te word. Yay! Geen tjoekie! Vrou, gaan haal daar die Magnum, laat ek gou die ding gaan ingee en dit oor en verby kry. Met sy toespraak het liewe Bekkie (hy kan nogals baie praat, wag net tot hy Twitter ontdek) eintlik die Konstitusionele Hof se uitspraak voorgespring. Het hierdie hof homself dalk laat lei deur 'n minister? Was die Hof se uitspraak basies maar net 'n rubberstempel op 'n voorafgenome besluit deur 'n politikus? Iemand moet tog kyk of daardie regter se wyfie en Bheki s'n nie saam in dieselfde teeklub sit en ginnegaap nie. Deur sy 'versoenende' toespraak het Cele die gevaarlike Afrikanerleeu gepaai, sodat sy slagtand sonder boe of ba getrek kan word. Hier in 1938 ja.

Die geagte minister se toespraak noem dat die doel van die amnestietydperk - en hier kom die wollerigheid nou - is om die aantal onwettige vuurwapens in omloop te verminder. En nog 'n paar tjollerige redes, soos om Suid-Afrikaners veiliger te laat voel, en mense wat nie meer hul wettige vuurwapens wil hê nie kans te gee om dit in te handig. Die werklike rede - om blankes te ontwapen voordat op alles wat hulle besit beslag gelê kan word - word sorgvuldig vermy.

308024_278323912278400_816050261_n(1).jpg

Die vuurwapens ter sprake is nie werklik onwettig nie. Dit kort 'n paar tjappe op swakgedrukte amptelike vorms, en 'n paar lekke aan 'n posseël of drie, en dan is die wapen skielik wettig. Die bevoegdheid van die eienaar is nie werklik die issue hier nie, terwyl dit wel die geval behoort te gewees het. Dit gaan oor die SA regering wat wil geldmaak uit die spul, en wettige vuurwapeneienaars onnodige drama en tydverkwisting wil veroorsaak, en wil beheer watter ras homself mag beskerm. Dit terwyl kriminele met gesteelde vuurwapens die werklike issue is, waarvoor hy eerder wetgewing moet deurvoer om sulke skomgaaie lewenslange tronkstraf te gee sou hulle daarmee gevang word.

Hierdie hele drama om vuurwapeneienaars se reg tot selfbeskerming in te perk gaan nie die aantal vuurwapens in die pote van opreggeteelde kriminele verminder nie. Dit kriminaliseer die goeie ouens, terwyl die skurke steeds hul wapens vanuit Mosambiek verkry of by daai vaak poot in die aanklagkantoor afvat. En watter vuurwapeneienaar sal sommer sy duur vuurwapen verniet gaan ingee, of teen minimale vergoeding, by die polisie as hy dit eerder kan adverteer en verkoop teen markwaarde, soos in die VSA die geval is? En hoe gaan Suid-Afrikaners veiliger voel met minder vuurwapens in die hande van wetsgehoorsame burgers wat tot hul redding kan kom, terwyl skurke steeds dieselfde aantal of selfs meer het, en die SA Poot Squad (SAPS) elke maand meer onbevoeg raak?

African policman carried.jpg

Elk geval, tot sover. Hierdie hele dreigende oefening van 'n onbeholpe, onbevoegde rassistiese swart regering en 'n bedenklike regstelsel (hoe kan een hof een ding sê, en 'n ander dit heeltemal omkeer?) is niks minder as 'n gevaarlike plan om die Afrikaner, die wit Engelsman, en die Indiër se vermoë om homself te beskerm af te takel nie. Wat natuurlik burgerlike verset teen grondonteiening moeiliker of selfs onmoontlik sal maak. Al wil buurman jou kom help teen daardie gekaapte Hilux wat op jou plaas aangesit kom gaan hy dit nie doen as sy jaggeweer in die poot van 'n barbaar agterop daardie bakkie is nie.

Wat stel ek dus voor? Fokkoli. Want soveel Afrikaners het dit al gesê dat die talle splintergroepe onder Afrikaners bymekaar moet kom en moet saamwerk, dat dit nie gaan help as ek dit ook sê nie. Miskien kan ek wel voorstel dat diegene van julle wat kan, daardie land verlaat terwyl julle nog kan. Al moet julle net tydelik 'n Engelse onderwysjoppie in Japan of in 'n sandvlieg-land soos die Verenigde Arabiese Koninkryk vat vir twee jaar. Dan sal dit maklik wees om vir vlugtelingstatus aansoek te doen sodra SA wel in vlamme opgaan.

Onthou, die oorgrote meerderheid mense in SA, van alle pelskleure, wil nie in 'n burgeroolog wees nie, en kom op grondvlak eintlik goed oor die weg. Maar net soos in Duitsland waar net 6 tot 8 persent van Duitsers ingeskrewe lede van die Nazi Party was, net so het mens net 'n klein minderheid werfetters nodig in 'n land met 'n bevooroordeelde regering om 'n oorlog te ontketen en almal teen wil en dank daarin in te suig. Moenie dom wees nie, sien die skrif aan die muur. En moenie vir 'n oomblik dink 'n god wat nie eens een van duisende plaasaanvalle kon voorkom het nie gaan jou pelsie beskerm nie. Maak 'n plan om 'n vuurwapen of vyf te bekom vir selfbeskerming, of gee pad daar.

Click_Here

Coin Marketplace

STEEM 0.26
TRX 0.11
JST 0.033
BTC 64359.90
ETH 3105.50
USDT 1.00
SBD 3.87