'Krygers vir Ou Vuilbaard' Aangemoedig Om Geskeide Wyfies Te Vermoor

in #geloof6 years ago

image

Oe god Gert, kyk hierdie siek fokker wat ons hier beet het vandag. Hy moedig breingestremdes aan om aan't vrekte te gaan vir hul hallusinasies. Noudat ek daaraan dink, dit klink mos asof hy 'n goeie daad wil verrig om die gene-poel te suiwer van die vertraagde komponent van die samelewing.

image

Die ta wil mense, sakemense nogals, infekteer in elke dorp met sy breinsiekte. En, hy wil hê hulle moet vrek daarvoor ook! Lees dié sinnetjie van hom: "Om in elke dorp 'n Kryger vir Jesus te vestig wie bereid sal wees om te sterf vir sy geloof."

image

Die pasiënt sê voorts hy wil graag sien dat sulke sakemense hul personeel wat op Sondae werk met klippe doodgooi. Ek meen, dit is mos darem 'n Bybelse beginsel, nie waar nie? Dis selfs 'n opdrag. "asook in die openbaar onbeskaamd hulle besigheid op Woord gebaseerde beginsels te bedryf", seg die onstabiele persoon. Julle geskeide wyfies moet miskien wegbly daar hoor.

Wat is 'n kryger, vra die oningeligte leser. Kindertjies, 'n kryger is 'n outydse soldaat. En wat doen krygers? Hulle maak dood. Hulle pleeg geweld. Met hul gevaarlike swaarde, en messe, kap hulle koppe af en sny kele af. Alte lekker bloederig ja, maar zombies like mos bloed. Dié Johan Pieter Badenhorst moedig dus openlik die pleeg van geweld aan, alles in die naam van 'n god-ding waarvan hy nie eens die bestaan kan bewys nie. Dis die gedrag van iemand wat in 'n gestig hoort.

Die lesende zombie sal natuurlik nou terugkap en sê nee, liewe Pietertjie wil net ander zombies soos hy laat saamkwyl om onsigbare goete in hul onstabiele koppies te beveg met denkbeeldige swaarde, hulle sal nie regtig mensies seermaak nie. Wel, dis bullshit, en ek gaan dit gou blitsig 'debunk'.

Die mens se 'mind' (ek vermy die Afrikaanse woord gees; bewys eers geeste bestaan asb.) bestaan uit twee dele:

  1. Die kritiese, objektiewe, dog stadige bewussyn, en
  2. Die onkritiese, subjektiewe, blitsvinnige onderbewussyn.

Die kritiese bewussyn dien as 'n hekwag, wat besluit wat moet deurgaan na die onderbewussyn, met laasgenoemde wat alles as waar aanvaar. Indien die kritiese bewussyn dus 'n boodskap soos 'moffies is sondig, vermoor hulle' laat deurgaan, dan glo die onderbewussyn dis 'n geldige, morele opdrag.

Maar, die kritiese bewussyn sal nie sommer so 'n opdrag laat deurgaan nie. So hoe kom gewettigde bedrieërs soos predikante by daardie hekwag verby, sodat hul snotversies gestoor kan word deur die onderbewussyn? Trek die hekwag se aandag af, of maak hom verveeld, natuurlik. Dis waar rituele en herhaling inkom. Herhaal 'n ding genoeg, en die hekwag raak later verveeld en fokus op ander goed. Herhaal 'n leuen genoeg, en dit word waarheid vir die toehoorder. Die Nazi's het dit mos alte deeglik bewys, en hipnose is op suggestie en herhaling gegrond.

"Word 'n kryger vir Liewe Heksie!" Klink belaglik, né. Maar herhaal dit genoeg, veral die 'feit' dat sy bestaan omdat pappa en Meneer en ander gesagsfigure so sê sedert kleintyd, en hulle 'n boek het om dit te 'bewys', dan klink dit na enkele jare glad nie meer bosbefok nie. Die onderbewussyn glo dan vas Liewe Heksie bestaan, en dat jy na Gifappeltjieland toe gaan as jy nie haar eer beskerm nie.

Die onderbewussyn kan nie tussen reg en verkeerd, en waar of vals onderskei nie. Dis waarvoor die hekwag daar is, hy kan wel, maar omdat hy so stadig is kan sêgoed by sy oë en ore verbyglip wanneer hy met 'n oormaat info gebombardeer word. 'Kyk na my vinger' is wat hipnotiseurs gebruik om die hekwag se bewustelike aandag af te trek, met die hipnotiseur se suggestie dat moffies sleg is en weird freaks is wat dan reguit deurgaan onderbewussyn toe. Dis hoe hipnose werk, en pastore en dominees span hipnotiese tegnieke by die oormaat in. Eers sodra jy hipnose geswot het sal jy dit raaksien.

Johan Pieter Badenhorst se slagoffers se gekorrupteerde onderbewussyne kan nie onderskei tussen letterlik en figuurlik nie. Wanneer hulle hoor hulle moet hul Bybels se opdragte uitvoer, verstaan die onderbewussyne dat gays, geskeide vroue, werkende mense op die Sondag, en disrespekvolle kinders werklik, letterlik, doodgemaak moet word, net soos ou Vuilbaard se Groot Joodse Sprokiesbundel hulle beveel om te doen. Daar's niks van figuurlik nie.

Gelukkig keer die hekwag sulke fisieke optrede by die meeste zombies, omdat die objektiewe bewussyn kan waarsku teen gevolge.

Wanneer 'n krisis egter wel plaasvind, of tydens emosionele opwelling, val die brein terug op opdragte gestoor in die blitsvinnige onderbewussyne oor hoe om op te tree. Dis wanneer die gestoorde opdrag 'maak dood die slegte moffie' tot uitvoering kom wanneer die situasie ditself daartoe verleen. Soos genoem, gelukkig keer die hekwag in meeste gevalle, maar dit lei dan tot 'n kompromie, soos om net die nare moffie deur sy gemanikuurde gesig te slaan dat sy gepoeierde neusie soos 'n miswolkie lyk. Of om die disrespekvolle kind aan te rand, en die kriminele daad met 'n bynaampie soos 'Piet Respek' of 'tugtiging' te regverdig.

Badenhorst propageer openlik dat sy mede-geloofsgefokte hulself as geweldenaars, as krygers, moet sien. En die boodskap wat die onderbewussyn dan kry, is om ook so op te tree. Wat, soos ons almal weet, kriminele aksies en diskriminasie insluit teen mense gegrond op hul pelskleur, geslagsvoorkeure, ens.

Dié mental pasiënt Badenhorst propageer openlik, nee, hy het selfs 'n organisasie gestig wat diskriminasie en geweld teen mense aanmoedig. Alles in die naam van 'n psigopatiese, sleg fiktiewe karakter in 'n swakgeskrewe Joodse slaaptydsprokiesboek. Daar is geen manier hoe dit regverdig of toegelaat kan word in 'n land soos daardie verdeelde nes Suid-Afrika, waar diskriminasie lank genoeg deur geloofsgefokte ingeteeldes bevorder is nie.

Hoe finansier Badenhorst sy organisasie? Hy teiken veral sakemense, wat darem meer geld beskikbaar het as hul werknemers. Sonder twyfel weet daardie ondernemers dat hulle donasies aan Badenhorst van belasting afgetrek kan word, belasting wat na opvoeding en boeke toe kon gaan. Maar is een van die Bybelse beginsels dan nie juis om die boom van kennis (lees: lees) te vermy nie? Dit is van die skade wat mense soos Badenhorst aanrig.

Volgens SA wetgewing kan Badenhorst tot 30 persent van gelde geïn aan homself as salaris toeken. Dit vertel hy natuurlik nie vir sy slagoffers nie. En ook petrol, verblyf in gastehuise op die dorpe van sy bende krygers, en lekker kos als kom uit die res wat oorbly. Dis niks anders as 'n bedrogspul wanneer die organisasie ten doel het om aksies van geweld by bygelowige skaapkoppe aan te moedig. Die intensie agter Johan Pieter Badenhorst se organisasie is kwaadwillig; dit moedig 'n kriminele ingesteldheid aan teenoor onskuldige mense gebaseer op belaglike, gevaarlike beginsels en opdragte in 'n uiters swak boek van fiksie. Dis mos sielkundig-versteurde gedrag wat 'n gevaar inhou vir die breë publiek. Wie gaan verantwoordelikheid aanvaar wanneer een van sy krygers se kop uithaak en dié dan wel 'n Bybelse beginsel volg?

En dis geen oordrywing nie hoor. 'n Tyd terug het ek intensief opgelees oor skoolskieters in die VSA. Sonder uitsondering het elkeen 'n agtergrond as gelowige gehad, en in die oorgrote meerderheid gevalle het godsdiens 'n rol gespeel as motivering van hul aksies. Ons praat hier van witpelsige Christene, nie Moslems nie.

Ek is nou te lui om 'n lys van Bybelse beginsels te maak, en het ook nie nou tyd daarvoor nie. Maar ek is seker daarvan elke leser hier sal sommer uit die hoof uit 'n paar beginsels ken, en sal gru by die gedagte daaraan dat dit normale gebruik in die gemeenskap kan word. Wie gaan daarvan hou dat 'n sakeman 'n vrou aanrand net omdat sy haarself tydens 'daardie tyd van die maand' nie afsonder nie? Of omdat sy as hoof aangestel word by haar werk oor mans?

Badenhorst promoveer diskriminasie en geweld, en julle Suid-Afrikaners behoort op te staan daarteen.

Coin Marketplace

STEEM 0.33
TRX 0.11
JST 0.034
BTC 66407.27
ETH 3219.07
USDT 1.00
SBD 4.34