OM TE POEP – DEUR AG VISSER (1878 - 1929)steemCreated with Sketch.

in #truth5 years ago

2019-08-29--sexy-underwear.jpg

O, gonna ek hoop dis die einde van die kerk
Ek kan nie meer sit nie, my maag wil werk
Die dominee praat lank en die son sit laag
Die vreeslikste pyne kruip rond in my maag

Eers word ek warm, en Dan weer koud
Nog nooit in my lewe was ek al so benoud
Dominee, Dominee praat tog klaar
My rug trek krom, die gort is gaar

Dit knal en dit kraak en my derms kreun
Toe Los ek 'n poep wat die gallery laat dreun
Die mense kyk om en ek bloos my bloedrooi
Die skaamste van almal was Sannie, my nooi.

Die dominee bly stil sy oe omgedop
Die vrou agter my se hoed sit skeef op haar kop
Kort agter die hakke van die stereo klank
Volg die gemeente se reaksie op die vreeslike stank

Party begin te hoes, en ander te proes
Ander weer waai met sakdoeke woes
My oë traan, my kop die sak
Toe kom die vrees dat ek in my broek sal k#k

Sowaar as wragtig net die volgende keer
Is dit toe presies wat moes gebeur
Ek dag dis 'n poep want die drukking is kwaai
Te laat besef ek dis 'n ander lawaai

Geskok na die gerommel soos 'n donderstorm
Kom ek agter die poep het 'n knopperige vorm
Die dominee bly stil en gluur my aan
'n ouderling begin woedend sy weg na my baan

My broek is Nat en die pype staan wyd
So het ek my laas as kind beskyt
My maag is so seer, my bene die knak
Ek het so wragtig in my broek gek#k

Die ding wat my sedertdien nog altyd verstom
Is hoe het ek die Sondag by die huis gekom
Een ding het ek van kerkgang geleer
As jou maag wil werk, sit naby die deur

En as jou derms begin draai en jou poephol blom
Sorg dat jy vinnig by die k#khuis uitkom.

source: OM TE POEP – DEUR AG VISSER (1878 - 1929)

Sort:  

Bedankt voor de schaterlach op sondag!

👍💕

Posted using Partiko Android

Coin Marketplace

STEEM 0.28
TRX 0.13
JST 0.032
BTC 65935.31
ETH 3015.23
USDT 1.00
SBD 3.75